top of page
Kotie Kamera Fotos 047.jpg

Next Auction - 4 April 2024

Note: Auction will be held on site and online via SwiftVee.

​

 

On offer will be :

​

30 Stud Bulls

60 Registered Stud Female Animals

130 Commercial Female Animals

 

All bulls will be tested for fertility and communicable diseases. 

Stud Bulls On Auction

Kop-aan-kop (2).JPG
THE 20-130 (3).jpg

THE 20-130

​

5 STER seun van LAR 17-263. Sy seuns is besig om beter en beter in die bedryf te doen. Een van sy seuns was die duurste bul op Rubin Essakov se onlangse veiling. Moer is n AG 03-029 dogter - jaar na jaar was dit die mooiste verse by Joggie Bredenkamp. Kyk na sy syfers -Koei waarde 130, Speenkalf waarde 136, Groei waarde 124 en Produksie waarde 132. Fenotipies n pragtige bul - dik met boude en skof. Sy moer is THE 16-046 - 5 kalwers, ICP 368, Melk is 7.4 wat altyd AG 03 -029 se problem was, maar hier baie goed gekorrigeer. Dus: Fenotipe is hier, die syfers is hier en die genetika is hier. 'n Ware 5 - ster Bul

THE 21-188 (2).jpg

THE 21-188

​

'n Pragtige SYF 17-422 seun; waarskynlik sy mooiste. Dik, donker bul met pragtige vel (en baie daarvan) asook 'n prominente skof. Dra baie vleis. Geboorte direk 3.3. Speen 20.2. Melk 6.6. Geboorte massa 42. Moer is 8 uit 9 gepunt - 'n dogter van THE 14-115. Hierdie was 'n seun van WB 10-266, een van Benjamin Bosch se beste bulle. IKP 366 dae.

THE 21-077 (2).jpg

THE 21-077

​

'n 9/9 bul - gepunt deur Benjamin Bosch. Dit gebeur nie maklik nie! Fenotipies 'n pragtige bul - dik, lank, laag op die been met n pragtige bulkop. Eintlik is hierdie wyle Hansie Steyn se teling. Vaar is THE 17 -183 wat Adv Gerhard Strydom gekoop het. Moer is THE 16-179 - IKP van 370 oor 5 en fenotipies self 'n 8/9 koei . Hierdie is die bul om vroulike diere te teel - Melk 5.7

THE 21-246 (1).jpg

THE 21-246

​

Hierdie is die toonbeeld van aanpasbaarheid - 5/8 Afrikaner. Sy vaar THE 17-121 het gelyk soos n Afrikaner - net 2x so breed. Geboorte massa 32. Geboorte direk 0.77. Geboorte gemak 107. GDT 106 Dit is hoe 'n "Allrounder" moet lyk. 

THE 20-198.jpg

THE 20-198

​

'n Bul wat ek op my eerste kalf verse gebruik het. Miostatien negatief met 'n pragtige vel en middel van die pad bouvorm. Vaar is THE 16- 110, wat kom uit Paul Mare se AG 05-263 lyne. 

AG 19-405 (1).jpg

AG 19-405​

Een van Arthur de Villiers se jong bulle wat ek gekoop het en wat pragtig ontwikkel het. As jy bespiering kort is dit die bul vir jou. Ek het hom nou vir 4 dekseisoene gebruik en sit hom terug in die mark.

bottom of page